Sol-Tech | Junior Beampte: Administrasie
SBM Groep
Sol-Tech is ʼn privaat, Christelike en Afrikaanse beroepsopleiding kollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria en het tans ʼn
Junior Beampte: Administrasie geleentheid beskikbaar.
Die doel van die pos is om basiese administratiewe ondersteuning aan die Akademiese Administrasie-afdeling te bied ten einde die effektiewe verloop van studenteadministrasie tydens die onderrig- en opleidingsfases te ondersteun. Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die akkurate vaslegging, verwerking, rekordhouding en liassering van studentedata en -dokumentasie, asook die nakoming van voorgeskrewe administratiewe prosedures en werkvloeie.
Minimum Vereistes
- Matriek (Graad 12).
- 0–2 jaar administratiewe ondervinding.
- Eie vervoer met ’n geldige rybewys.
- Goeie kennis van die Microsoft Office-pakket.
- Goeie tik- en administratiewe vaardighede.
- Goeie Afrikaanse taalvaardigheid.
Vaardighede en eienskappe wat tot die aansoeker se voordeel sal strek:
- Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede.
- Goeie interpersoonlike vaardighede en ’n diensgerigte ingesteldheid.
- Sterk organisatoriese vaardighede en ’n goeie oog vir detail.
- Akkuraatheid en noukeurigheid met die hantering en vaslegging van inligting.
- Die vermoë om instruksies te volg, prosedures na te kom en sperdatums te haal.
- Betroubaarheid, verantwoordelikheidsin en die vermoë om in ’n span te funksioneer.
- Entoesiasme, selfmotivering en ’n bereidwilligheid om te leer.
Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel om aansoek te doen voor of op 24 November 2026.
For employers only
Is this your company's job post? Verify ownership to manage this listing and receive applications directly.
Claim this listingLooking to apply for this job? Use the Apply button above.
See more jobs in Pretoria, Gauteng